Serious money. Lighter conversations.
Practical finance, real insight.

JOU PERSOONLIKE FINANSIES VIDEOREEKS / YOUR PERSONAL FINANCES VIDEO SERIES


In hierdie program wil ons jou as kyker help om meer waarde vir jou geld te kry sodat jy jou geld regtig kan geniet. Ons gaan geselsoor al die lekker goed waarop ons ons geld kan spandeer, maar ook oor die ernstiger dinge; goed soos trou, huiskoop, karre koop,versekering, beleggings, skuld … dit waaroor mens nie gewoonlik wil praat nie. Die reeks word aangebied met ʼn kinkel – soos netrekenmeesters kan!

Let asb daarop die die pryse nie meer beskikbaar is nie.

In this programme, we want to help you—as the viewer—get more value for your money so that you can truly enjoy your finances. We will chat about all the fun things we can spend our money on, but also about the more serious matters: things like getting married, buying a house, purchasing cars, insurance, investments, debt… all the topics people usually avoid talking about. The series is presented with a unique twist—exactly the kind that only accountants can deliver! The series is in Afrikaans with English subtitles.

Please note that prizes are not available any more.


Jaco2 op Jou Afrikaans!

Jaco2 videoreeks is ook beskikbaar op jouafrikaans. Kliek hier of besoek: www.jouafrikaans.co.za

Episode 1 – Vakansies
Ons is almal lief vir ʼn vakansie of sommer net ʼn vinnige wegbreek. Maar wat is die beste: kamp in ʼn tent, kamp in ʼn karavaan ofoorbly in ʼn chalet? Gaan dit oor gerief of geld? Kom kyk hoe Prof en Jaco dit doen, en vind uit wat hulle oor die betrokke finansiëleimplikasies te sê het.


Episode 2 – Stokperdjies
Prof hengel?! Op sigself is dit iets wat jy nie wil misloop nie! Die twee Jaco’s is kalm, en kompeterend, langs die Vaalrivier en maak ʼnpaar lyne nat. Hulle gesels oor visvang – soos net twee rekenmeesters kan en nog meer, soos hoeveel dit nou regtig kos om ʼnbaber te vang.


Episode 3 – Sport
ʼn Knoeiery tydens ʼn fietswedren? Kom kyk hoe die haas en skilpad teen mekaar fietsry in die Koepel. Op wie is jou geld? Vind uithoeveel geld jy aan fietsry kan bestee, en hoe jy dit regverdig. Enige iets om te wen, nie waar nie?


Episode 4 – Hoogtepunte
Hierdie episode gee ʼn oorsig van die hoogtepunte van episodes 1 tot 3. Ons kyk ook na die geldpersoonlikhede wat betrokke is bydie neem van finansiële besluite, wat baie deur emosies gedryf word. Dit verskaf ʼn opsomming van alles wat ons in die eerste drieepisodes geleer het. Daar is ook komiese verligting met ʼn paar “bloopers”.

Doen jou geldpersoonlikheidvraelys hier: Geldpersoonlikheid


Episode 5 – Trou-tyd
Die twee Jaco’s daag ongenooid by ʼn troue op, vra onvanpaste vrae aan die skoonpa en dans met ʼn tannie – alles in die naam vannavorsing. Wat kos ʼn troue nou eintlik? En hoe kan mens dit meer bekostigbaar maak – rekenmeesterstyl?
Om te kwalifiseer vir die gratis Trou “Venue” prys, “like” Episode 5; sorg dat jy “Subscribe” tot ons YouTube kanaal. Onder aan dieepisode op YouTube, lewer kommentaar oor hoekom jy graag jou troue by Ourief sal wil hou. As bonus, deel sommer die episode seskakel (https://www.youtube.com/watch?v=7mVez4carPA) met ander op Facebook.


Episode 6 – Geld in verhoudings
Asof dit nie genoeg was om ongenooid by ʼn troue op te daag nie, loer die Prof en Jaco ʼn paartjie af! Hoe kan mens die angel vangeldbesluite uit die verhouding haal? Hulle gaan selfs so ver as om sakgeld vir die vennote in die verhouding aan te beveel, en ja,vroue kry meer.
Om te kwalifiseer vir die huweliksvoorwaade kontrak, like, subscribe en deel wie jy dink die trofee moes gewen het in diekommentaar van episode 6 op YouTube.


Episode 7 – Kinders
Die Jaco’s is familiemense – groot familiemense. Van speel in die kleuterskool, rugby op laerskool en om uit ʼn hoërskoolklas gejaagte word, wys hulle jou hoe om die koste van die wonderwerk van kinders te navigeer, van wieg tot universiteit. Is jy gereed om uit tevind hoeveel jy moet spaar vanaf die dag wat hulle gebore word?
Om te kwalifiseer vir die NWU beurs, like, subscribe en besoek die NWU webwerf en deel een van die waardes van die NWU in diekommentaar van episode 7 op YouTube.


Episode 8 – Hoogtepunte
Hierdie episode bring die hoogtepunte van episodes 4 tot 6 bymekaar. Dit som op wat in hierdie drie episodes geleer is. Jy ontvangwenke oor hoe om bekostigbare kwaliteit tyd saam met die belangrike mense in jou lewe deur te bring. Daar is komiese verligtingmet
ʼn paar bloopers.
Om te kwalifiseer vir die prys van die week, like, subscribe en lewer kommentaar van episode 8 op YouTube.

IDEES VIR AKTIWITEITE OM AS GESIN SAAM TE DOEN


Episode 9 – Inkopies
Kan jy jou voorstel hoe die Jaco’s die weeklikse inkopies doen? Wie sal die begroting balanseer? Kry agter die skerms-wenke oorwanneer en wat om by ʼn supermark te koop.
Om te kwalifiseer vir die prys van ‘n R3000 Pick n Pay geskenkbewys lewer kommentaar op die video oor jou gunsteling inkopiebesparingswenk.


Episode 10 – Kar koop
Een van die Jaco’s word mislei om 'n nuwe motor te koop, maar kan jy die verskil in vergelyking met die drie –
jaar – oue –modelraaksien? Vind uit hoeveel miljoene dit hom oor die volgende 40 jaar sal kos
.


Episode 11 – Huis koop
Ten slotte, die grootste aankoop wat die meeste mense ooit sal maak – ʼn huis. Wat moet jy oorweeg? Ontdek hoe jy twee afbetaaldeeiendomme binne 20 jaar kan hê, sonder om jou huidige lewenstandaard aan te pas.


Episode 12 – Hoogtepunte
Hierdie episode bring die hoogtepunte van episodes 9 tot 11 bymekaar. Dit som op wat in hierdie drie episodes geleer is. Jy ontvangwaardevolle begrotingswenke oor sommige van jou grootste uitgawes,wat tradisionele rekenmeesters dalk sal laat regop sit. Daar is komiese verligting met ʼn paar bloopers.

Agter die skerms


YouTube shorts

Hier is 'n klompie kort videos wat belangrikte aspekte bespreek.